Wapenvonds in Brown’s Farm
‘Ek het net ’n bietjie petrol nodig om my vrou en kinders na Muizenberg te vat’ – dít is die storie wat ’n bedrieër gebruik om simpatie en geld by goedhartige mense te kry. Volgens die Bergvliet, Kreppelbosch en Meadowridge Buurtwag (BKM) verdien die man tussen R400 en R500 per dag met hierdie foefie.
Hy hang by vulstasies rond en nader veral vroue wat besig is om hul motors vol te maak. Hy vra dan of hulle nie ‘n plastiekhouer met brandstof vir hom kan volmaak nie.
Buurtwag-offisiere het hom egter later op die hoofpad naby Tokai gekonfronteer, waar hy erken het dat hy die petrol verkoop en nie ’n motor, vrou of kinders het nie.
Lede van die gemeenskap word gewaarsku om versigtig te wees en nie maklik gevang te word deur hierdie tipe misleiding nie.
Polisie slaan toe op onwettige wapens
Lede van die Maitland Flying Squad het ’n Volkswagen Polo in Brown’s Farm afgetrek en deursoek, waarna hulle ’n .38mm-rewolwer en ammunisie in die bestuurder se besit gevind het. Die 35-jarige kon nie ’n lisensie vir die wapen toon nie en is in hegtenis geneem. Hy verskyn môre in die Athlone-landdroshof.
In ’n aparte voorval het die Maitland Flying Squad saam met die Metro-polisie drie verdagtes tussen die ouderdomme van 42 en 53 in hegtenis geneem. Die arrestasies het plaasgevind in Lugano Court, Hanover Park, waar die polisie ’n geweer op ’n perseel ontdek het.
Die polisie versoek die publiek om enige verdagte aktiwiteit aan te meld om misdaad te help bekamp