Dringende Appèl: Ondersoek na Hoërskool Vanrhynsdorp
‘N moeder se kommer oor haar Seun en medeleerders
Ek skryf met ‘n dringende versoek aan die Departement van Onderwys om ‘n volledige ondersoek in te stel na die hantering van ‘n ernstige voorval by Hoërskool Vanrhynsdorp, waarin my seun, Aljandre Pieterse, ‘n graad 8-leerder, betrokke was. Dit sluit nie net die nalatigheid van die skool in nie, maar ook breër bekommernisse rakende veiligheid, die optrede van die skoolhoof en die problematiese kultuur van rassesim wat volgens sommige lede van die gemeenskap in die skool voortduur.
Insident Oorsig
Op 12 November 2024 het my seun ‘n ernstige besering opgedoen terwyl hy ‘n speletjie “touchies” op die skoolterrein gespeel het. Hy het teen ‘n staalpaal vasgehardloop en die linkerkant van sy gesig beseer. Ten spyte van die duidelike pyn en sigbare swelling, het die skool nie onmiddellik mediese sorg verleen nie. Die skoolhoof, mnr J. Reyneke, het hom beveel om terug klas toe te gaan, ondanks sy sigbare toestand. Dit was eers nadat ‘n onderwyseres, me L. Steenkamp, ingegree het, dat my seun na die hospitaal geneem is—maar dit was eers nadat hy bloed opgegooi het.
Skoolhoof se Optrede en Leierskap
Die gedrag van die skoolhoof is een van die grootste bekommernisse. Toe ek die voorval op 18 November met hom bespreek het, was sy reaksie afwysend en neerhalend. Hy het valslik beweer dat die skool probeer het om my te kontak, maar dat geen van die kontaknommers gewerk het nie—’n bewering wat onwaar is. Sy gebrek aan verantwoordelikheid en die manier waarop hy die situasie hanteer het, het my diep ontstel. Hy het weens sy optrede die vertroue van ouers en leerders geskaad.
Die skoolhoof is die voorbeeld vir die personeel, en as hy nie aanspreeklik gehou word nie, sal die standaard vir gedrag op die skool nie verander nie. Dit is van kardinale belang dat sy optrede, sowel as die kultuur van die skool, ondersoek word.
Rassisme in die Skoolgemeenskap
Ek is verder bekommerd oor die bewering van rassesim wat deur sommige lede van die gemeenskap en personeel van die skool na vore gekom het. Die ma van die leerder, wat beskuldig word van ‘n onregverdige behandeling, het met ernstige bekommernisse oor die diskriminasie wat nie net die leerders nie, maar ook die ouers betref, gekom. Dit is iets wat dringend ondersoek moet word. Daar is geen anderkleurige personeellid op die skool nie, wat onbedoeld tot ‘n dinamiek lei wat onregverdig teenoor ander leerders kan wees. Die Departement van Onderwys moet stappe neem om rassesim in skole te beveg en om gelykheid en respek te bevorder.
Versoek om Aksie van die Departement van Onderwys
Ek vra dat die Departement van Onderwys:
1. ‘n volwaardige ondersoek instel na die voorval waarby my seun betrokke was en die versuim van die skool om onmiddellike en toepaslike sorg te verskaf;
2. die optrede en leierskap van die skoolhoof en ander personeel ondersoek, om te verseker dat die gedrag van die leiers die verwagde professionele standaarde weerspieël;
3. die rassisme binne die skool se gemeenskap ondersoek en stappe neem om die situasie te verbeter en ‘n regverdige omgewing vir alle leerders te skep;
4. die veiligheidsprotokolle by die skool hersien, insluitend die verwydering van gevaarlike strukture soos die byekorf wat reeds gemeld is.
Samewerking tussen Skole en Gemeenskappe
Wat die meeste van ons gemeenskappe betref, moet daar ‘n sterker samewerking tussen ouers, skole en beheerliggame wees. Dit is deur ‘n gesamentlike poging dat ons kinders ‘n veilige, ondersteunende en regverdige omgewing kan bied. Ouers moet betrokke wees, maar dit is ook die plig van die skooladministrasie om samewerking te soek en nie afwysend teenoor die bekommernisse van ouers op te tree nie.
My seun het reeds die emosionele en fisiese impak van hierdie voorval ervaar. Hy is steeds bekommerd oor die langtermyngevolge van sy besering en vra dikwels of die besering sy brein nie beskadig het nie. Dit is ‘n vraag wat ek hom nie kan ignoreer nie.
Gaan die Departement optree?
Ek is ernstig bekommerd oor die gebrek aan reaksie van die Departement van Onderwys en die gebrek aan aksie ten opsigte van die klagtes wat ek ingedien het. Sal hulle optree? Die gemeenskap en ouers het ‘n reg om die Departement te vra om ‘n deursigtige ondersoek te loods, die veiligheid van leerders te verseker en die gedrag van die personeel aan te spreek. Dit is nie net my seun nie, maar alle leerders wat die reg het op ‘n veilige en respekvolle leeromgewing.
Ek vertrou dat die Departement van Onderwys hierdie saak die aandag sal gee wat dit verdien, nie net vir die welstand van my seun nie, maar ook vir alle leerders by Hoërskool Vanrhynsdorp. Ek is beskikbaar om bykomende inligting te verskaf indien nodig.
Die uwe,
Johanna Filander